Van Zyls 1930s to 1960

3 years ago

Familiefotos deur my pa geneem tussen die laat 30s tot ongeveer 1960.

Die video begin met fotos van my pa en ma van voor hul huwelik. Daarna is die troufotos, die wittebrood en Wilhelm se eerste fotos. Dan sy doop.
Volgende is ñ paar fotos van sy werk as geoloog. Hulle het maande lank veldwerk gedoen en in tente gebly. My ma het vertel hoe sy Wilhelm se doeke in ñ stroompie gewas het terwyl bobbejane vir haar loer uit die bome!
Daarna volg fotos geneem op Kleinmond, Dit sluit fotos in van albei Wilhem se oumas.
Weereens op die geologiese opname tot met Wilhelm se eerste verjaarsdag.
Terug in die Kaap: in Kirstenbosch en dan op Franschoek waar my oupa predikant was.My ma se suster, Ida, en haar twee seuns, Wimpie en Pierre asook my pa se pa met Wilhelm.
Hierna volg daar fotos van myself en my jonger broers. Die twee niggies is Pollie en Lynette Yeats.Ek ry die driewiel met Jan agter op.
{Sal later aangaan.}

Loading comments...