StorieVlooi
14 FollowersWanneer die groot vliegtuig kom en jou grootmaak kleinkinders wegneem tot daar waar jy nie weet wanneer jy hulle weer gaan sien nie - dan kom die groot verlang. En wanneer die verlang oorloop, stuur jy 'n storie oor die telefoon en een storie word twee en meer want hulle nag en ons dag kom ooreen en wat is nou lekkerder as om 'n Ouma-storie oor en oor te kan luister tot die vaak jou oorval, of is dit nou Klaasvakie se sand wat die oorhand gekry het. Storie tyd vir kinders - jonk en oud - klassieke stories asook stories wat leiding en hoop gee in vandag se tyd.